Skip to main content
0861 996 660Empowerment through skills development
Home
Training Solutions
WorkshopsCoachingFlagship Leadership ProgrammesSETA LearnershipsOnline CoursesFAQ
Resources
Company ProfileTraining CalendarCertificate LookupHR ResourcesVenue InformationEnneagram ReportsLearner SupportFor DelegatesSDF signup
About
Our storyMeet the teamGalleryTestimonialsCompliance / legalBlogContactTrainer Login
Blog

Kyk met Positiewe Insteldheid na Diversiteit

https://www.stafftraining.co.za/blog/kyk-met-positiewe-insteldheid-na-diversiteit

Kyk met Positiewe Insteldheid na Diversiteit
'n Bekende koskenner het onlangs aangekondig dat hy nog 'n restaurant gaan oop maak in Kaapstad, want die Diversiteit van die stad is onbeperk.

Natuurliefbhebbers word opgewonde as hulle oor die diversiteit van plantegroei kan praat en tog sukkel ons mensdom as dit kom by diversiteit van kulture.

In Suid-Afrika het diversiteit ‘n "post-modern" sondebok geword vir die vervaging tussen reg en verkeerd en waar en onwaar.

Maar het diversiteit nie net eenvoudig te doen met "verskeidenheid" nie? Hoekom moet een reg wees en die ander verkeerd? Hoekom is ek ongemaklik as jy anders lyk, dink en doen as ek?

Lê die antwoord nie dalk daarin dat ons vooropgestelde idees het oor mekaar, te min weer oor mekaar, te min verstaan oor mekaar se kulture, vrees dat jou kultuur myne gaan insluk en die onvermoë om mekaar se verskille te aanvaar nie?

My geleerde vriende sal my dadelik herinner dat ons geskiedenis en die afgelope 21 jaar van Demokrasie ons keuses bepaal.

Maar ons uitdaging bly dieselfde: Omhels diverse kluture, leer van mekaar, leer om mekaar se verskillende motiverings te verstaan, bly in kommunikasie en kollektief sal dit ‘n beter uitkoms hê, as wanneer ons toelaat dat diversiteit ons in verskillende kampe verdeel.

Staff Training is ‘n Suid Afrikaanse opleiding maatskappy wat onder andere spesialiseer in Corporate Wellness, Emosionele Intelligensie en die Enneagram. Kontak ons vir meer inligting.

All posts